SportSport

Plaaslike atleet het SA’s in sy visier

Sy geloof in die Here is op sy lyf gebrandmerk en in sy lang asem vasgevang. Sy uiterlike tatoes spreek boekdele van sy innerlike verhouding met die Man daar bo en sy atletiek prestasies is kenmerkend van sy hardloop lewenstyl. Dit sit in daardie ekstra krag in sy bene – daardie wil om aan te …

Sy geloof in die Here is op sy lyf gebrandmerk en in sy lang asem vasgevang. Sy uiterlike tatoes spreek boekdele van sy innerlike verhouding met die Man daar bo en sy atletiek prestasies is kenmerkend van sy hardloop lewenstyl.
Dit sit in daardie ekstra krag in sy bene – daardie wil om aan te hou as die mure van moegheid voor die eindstreep staan.
Dan breek hy deur en onthou dat hy sy hele lewe hard moes werk en alles gee om te kom waar hy nou is – ’n atleet by die SA’s saam met al die groot name trots in sy Noordwesdrag.

Vir Nico Deerling (50) van Berts Bricks Marathonklub in Potchefstroom het sy drome waar geword toe hy vir die eerste keer vir die SA half-marathon kampioenskappe gekwalifiseer het.
Die Promosa inwoner is ’n bekende in die dorp met sy lenige en slank figuur, en het die kans van ’n leeftyd aangegryp met sy deelname aan dié gesogte kampioenskappe.

“Ons was 11 Noordwesatlete wat SA’s toe gegaan het, ek was die enigste oor 40 jaar.
Die sprokie het begin toe ons op die lughawe was. Al die groot name was daar, Shadrack Hoff, Hendrik Ramaala en Stephen Mokoka. Jy voel jy is in ’n ander liga. Toe ons in Port Elizabeth land was daar motors wat ons rondgery het sowel as luukse hotelle waarin ons gebly het. Dit het my net meer motiveer om terug te sit en my beste te gee na als wat ek mee geseën was,” vertel Deerling.

Deerling, onder die afrigting by Pio Mpolokeng, het die 21 kilometer wedloop in 1uur 18 minute klaargemaak wat ’n groot prestasie is.
“Die weer was goed gewees en ek het lekker gehardloop. Ek was so gemotiveerd om te presteer. Die reën het ook op die regte tyd so na 11 kilo’s gekom. Daardie sagte Kaapse reën sonder enige wind!”

Volgens Deerling moet hy baie keer sy ID wys omdat baie mense nie glo dat hy al 50 is nie, aangesien hy gereeld homself teen die jonger atlete toets.
“My kop is reg en ek wil altyd beter presteer. Ouderdom is net ’n nommer. Ek ry agt kilo’s met my fiets werk toe en draf ook elke dag in my etenstyd. Die wisseling in oefening hou my bene sterk,” verduidelik Deerling sy daaglikse oefenprogram so uit die staanspoor uit.

Volgende op Deerling se visier is die om in die SA landloopkampioenskappe ‘n top 3 plek te behaal.
“Vir die eerste keer hardloop ek nou as ‘n Meester in die SA Landloopkampioenskappe. So ek glo hierdie gaan my jaar wees om groot sukses te behaal.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button