Ferdies se o.15 krieketspan oordonder hulle teenstanders
Ferdies se o.15 krieketspan speel vanjaar uitstekende krieket. Dié o.15’s het ook Saterdag, 10 September teen Ikageng gespeel. Ferdies teken 492 lopies aan en haal Ikageng uit vir slegs 158 lopies. Hulle wen dus met 334 lopies. Muhammed Motara slaan 49, Shakeel Sooliman 122 en Duan Botha ‘n allemintige 253. Die 1ste span het ook …

Ferdies se o.15 krieketspan speel vanjaar uitstekende krieket. Dié o.15’s het ook Saterdag, 10 September teen Ikageng gespeel. Ferdies teken 492 lopies aan en haal Ikageng uit vir slegs 158 lopies. Hulle wen dus met 334 lopies.
Muhammed Motara slaan 49, Shakeel Sooliman 122 en Duan Botha ‘n allemintige 253. Die 1ste span het ook teen Ikageng gespeel en 218 lopies aangeteken.
Hulle boul Ikageng uit vir 70 lopies, en wen dus met 148 lopies. Ferdies se o.15 krieketspan het vir Boys High se o.15’s ook ’n krieketles gegee. Hulle maak 416/5 in 50 boulbeurte en boul vir Boys High uit vir slegs 46 lopies.
Duan Botha slaan 79 lopies en neem 5 paaltjies. Dylan Barends moker 130 lopies, met Shakeel Sooliman wat hom goed met 91 lopies bystaan. Ferdies se o.15 span speel tuis teen Gimmies hierdie Saterdag, 17 September terwyl Ferdies se eerstespan teen Potchefstroom Gimnasium op Gimmies se velde speel.




