SportSport

Pukke verloor eerste Varsity Netbalstryd vanjaar teen begeesterde Tukkies

Tukkies het vandag hulle huiswerk gedoen en Pukke met ‘n 52-48 oorwinning verras in ‘n Varsity Netbalwedstryd in Stellenbosch vanmiddag (18 September.) Hierdie is Pukke se eerste nederlaag van vanjaar se kompetisie met Tukkies se verdediging wat Pukke veral in die eerste helfte gekinehalter het. Tukkies het beter begin met die ervare Melissa Kotze en …

Tukkies het vandag hulle huiswerk gedoen en Pukke met ‘n 52-48 oorwinning verras in ‘n Varsity Netbalwedstryd in Stellenbosch vanmiddag (18 September.)

Hierdie is Pukke se eerste nederlaag van vanjaar se kompetisie met Tukkies se verdediging wat Pukke veral in die eerste helfte gekinehalter het.

Tukkies het beter begin met die ervare Melissa Kotze en Lenize Potgieter wat die doele vir hul span ingesamel het.
Na 8 minute se speeltyd wat Tukkies met 7-4 voor en Pukke moes terugveg voordat die gaping te groot word.

Aan die ander kant van die baan was Renske Stoltz ook haar ou self met belangrike doele van ‘n ver ent af – iets wat haar kenmerk is.
Pukke het wel ‘n klomp onnodige foute gemaak en het ook nie hulle beste vertoning voor die doel gehad in die eerste helfte nie.

Die gevolg was dat Tukkies met 16-10 na die eerste kwart voorgeloop het.
Tukkies se Shadine van der Merwe en Jasmine Ziegelmeier was briljant op verdediging gewees en gedurig dinge moeilik vir Sigi Burger gemaak.

In die tweede kwart was dit dieselfde storie met Pukke wat skielik 10 punte agter was en werklik die Powerplay moes gebruik om weer terug in die wedstryd te kom.

Ongelukkig vir Pukke het dit nie gehelp nie met Tukkies wat meer voordeel daaruit gebuit het. Voor Pukke hulle oë kon uitvee was hulle met 27-15 agter.
Teen halftyd het Tukkies die oorhand gehad met ‘n 33-24 telling in hulle guns. Dorette Badenhorst se troepe moes ‘n totale ommekeer bewerkstelling in die volgende 30 minute om Jenny van Dyk se Tukkies-span te klop.

Badenhorst het vir Jeanté Strydom en Simone Rabie ingebring in Zandré Kruger en Monique Reyneke se plek in ‘n poging om Tukkies se momentum te stuit.

Daar was ook ‘n klomp posisionele skuiwe in die derde en vierde kwarte met Kifiloe Tsotetsi en Sigi Burger wat albei op die doel hulle merk probeer maak het.

Pukke se laaste kans was die tweede Powerplay, maar hulle kon net binne vier punte van hulle teenstanders kom en die terugvegpoging was net effens te laat.

Volgens Pukke se kaptein Chanté Bester, was sy trots op haar span se terugvegpoging in die tweede helfte.
“Ek is trots op my span se veggees, maar ons moet hierdie wedstryd vergeet en op die volgende wedstryde fokus,” het sy gesê.
Shadine van der Merwe, Tukkies se kaptein, was baie tevrede met haar span se oorwinning.
“Ons kon die wedstryd beter afgesluit het, maar algeheel was dit ‘n fantastiese wen vir ons span.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button