SportSport

Volkies se o.15 krieketspan reik na groot hoogtes

Volkies se krieket toekoms is besonder rooskleurig met die o.15A span wat vanjaar nog oorwonne is en onder meer oorwinnings teen groot skole soos Affies met 85 lopies behaal het. Verder het hierdie span ook vir Gimmies met 267 lopies kafgedraf en vir Hoërskool Rustenburg met 82 lopies geklop. Hulle kaptein, Van Zyl Smit spog …

Volkies se krieket toekoms is besonder rooskleurig met die o.15A span wat vanjaar nog oorwonne is en onder meer oorwinnings teen groot skole soos Affies met 85 lopies behaal het.
Verder het hierdie span ook vir Gimmies met 267 lopies kafgedraf en vir Hoërskool Rustenburg met 82 lopies geklop. Hulle kaptein, Van Zyl Smit spog reeds hierdie jaar met talle vyftig- en honderdtalle agter sy naam.
Sy aanvangskolwer, Timothy Malan het juis verlede naweek teen Hoërskool Lichtenburg ‘n briljante 85 nie uit nie aangeteken om Volkies na ‘n baie gemaklike agt paaltjie oorwinning toe te stuur. Volkies moes slegs 190 lopies verbygesteek het. Smit is self net so gevaarlik met die bal en het 4/35 teen Liggies gevat. Hy is goed deur Stephan Jansen (1/38) sowel as Chris de Freitas (2/22) ondersteun. Jaco Viljoen het ook sy 100ste paaltjie vir Volkies geneem, wat ‘n groot prestasie is.
*Volkies se eerstespan het ook hulle goeie vorm teen Lichtenburg se eerstes in Lichtenburg met ‘n 5 paaltjie oorwinning voortgesit. Volkies het eerste geboul en Liggies vir slegs 133 uitgeboul. Cobus Crowther met 3/17 en Vincent Viljoen met 3/18 was die sterre met hulle draaiballe. Volkies het die nodige lopies geslaan met Louis van Schalkwyk wat sy uitstekende vorm voortgesit het, met ‘n onoorwonne 33. Martin Fourie het ook ‘n goeie 32 bygedra in die skrale lopiejaagtog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button