SportSport

Kiewiet Marais wen wedvlug vanaf Leeu-Gamka

Kiewiet Marais van Potchefstroom Posduifklub het twee naweke gelede in die wedvlug vanaf Leeu-Gamka (832km) sy 16de wen gevlieg in sestien weke. Wat die prestasie soveel meer spesiaal maak is dat hy die geveerde vriendjie om twintig voor ses Sondag geklok het, wat beteken dit was nog donker. AB Hill het hulle duif 58 minute …

Kiewiet Marais van Potchefstroom Posduifklub het twee naweke gelede in die wedvlug vanaf Leeu-Gamka (832km) sy 16de wen gevlieg in sestien weke. Wat die prestasie soveel meer spesiaal maak is dat hy die geveerde vriendjie om twintig voor ses Sondag geklok het, wat beteken dit was nog donker. AB Hill het hulle duif 58 minute en 53 sekondes later geklok in die tweede plek. Roelf van Aswegen van Rooikraal hokke eindig hier derde.

In wedvlug 2 het oud skoolhoof Faan de Beer weer so gemaak en nog ’n  wen by sy vorige drie gevoeg. Saltie & Lettie eindig tweede en Rooikraal hokke derde.

In die opeafdeling is Marais, soos in week twee, nog steeds gemaklik voor met 3404, Saltie & Lettie is tweede met 2115 en De Beer derde met 2054. In die klubkampioen het Marais (5442) 2000 punte meer as Rooikraal se 3454. Saltie & Lettie wat ’n uitstekende seisoen beleef, is nog steeds derde met 3142.

By Mooirivier Resiesduifklub behoort die toneel op die stadium aan Arrie Marais en Hennie Aucamp. Beide manne word met respek hanteer as dit op die langpad kom. Oud onnie Marais maak dit ‘n dubbel en wys sy duiwe hou van oornagvlugte. In ope 1 is dit Oom Theo Mienie wat tweede eindig met Fanie en Louise derde en Aucamp vierde en vyfde. In ope 2 is dit Stefan Siebert wat tweede eindig na Marais. Marais eindig ook derde, Schlebusch vierde en Aucamp vyfde.

In die opeafdeling is dit nog steeds Schlebusch wat voor is met 1636, Marais tweede met 1144 en Suidwester Willem Moolman wat klou aan sy derde plek met 1106. Die groot verrassing by die langpad is Aucamp wat voor vlieg met 670. Schlebusch jaag hom egter met 596 en Marais is derde met 507. Algeheel is Schlebusch die koning met 2324!  Marais is welverdiend derde met 1677 en Aucamp het nou ingeskuif in derde plek met 1676 nadat hy op die langpad ’n  hele paar goeie weke beleef het.

Verlede naweek is die “magiese” Matjiesfontein wedvlug gevlieg. Dit was al vele duiweboer se droom om dié prestige wedvlug oor 927km te wen. Dit is die tweede laaste wedvlug van die seisoen en dié waarnemer weet die “vet meisie” het laaankal reeds gesing oor wie vanjaar se wenners gaan wees. “Veilig vlieg ou kleintjie”!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button