SportSport

NWU Pukke weer op die wenpad met rekordoorwinning

In ‘n bittersoet week vir NWU-Pukke se Varsity Netbalspan het hulle verlede Sondag die wrang smaak van ‘n nederlaag teen hulle ou teenstanders, Tukkies, vir die eerste keer vanjaar geproe. In hierdie wedstryd het hulle met 52-48 die knie gebuig en is daar weer eens bewys dat enige span vanjaar die trofee kan lig. Geen …

In ‘n bittersoet week vir NWU-Pukke se Varsity Netbalspan het hulle verlede Sondag die wrang smaak van ‘n nederlaag teen hulle ou teenstanders, Tukkies, vir die eerste keer vanjaar geproe.

In hierdie wedstryd het hulle met 52-48 die knie gebuig en is daar weer eens bewys dat enige span vanjaar die trofee kan lig. Geen span kan as outomatiese gunstelinge beskou word nie.

Nietemin het Pukke Maandag in hulle volgende wedstryd teen VUT met ‘n rekord 93-14 slagting gewen. Buitestanders sal wonder of VUT op die baan was met so ‘n kriekettelling wat teen hulle aangeteken is. Dit wys ook weer eens dat Pukke nie gaan lê het na hulle nederlaag nie en nou meer gemotiveerd is as ooit om hierdie jaar se toernooi ‘n sukses te maak.

Een van die goeie aspekte vanjaar is dat elke speler in die span al geleentheid gehad het om hulle staal te toon, met veral Renske Stoltz, Mandy Hermanus en Chanté Bester wat tot dusver vanjaar uitgeblink het.

Pukke het nou nog twee groepwedstryde oor teen die Universiteit van Kaapstad (26 September) en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (29 September).

Hierdie twee wedstryde behoort albei maklike oorwinnings vir Pukke te wees. Dit sal ook goeie voorbereiding wees vir Pukke, wat heel moontlik teen Maties of Kovsies in die halfeindstryd te staan sal kom op 10 Oktober.

Foto’s: SASPA.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button