SportSport

Kragoptel is Kotze se kos

Ephraim Khandanise is geen vreemdeling in Potchefstroomse kragoptel kringe nie en nou het hy weer ‘n wêreldgehalte atleet in sy midde, Ivan Kotze (20). Aan die einde van Julie het Kotze vir die eerste keer 185 kilogram gesquat en 120 kilogram gebench. In albei gevalle het hy rekords in die onder 53 kilogram-afdeling gebreek. Kotze …

Ephraim Khandanise is geen vreemdeling in Potchefstroomse kragoptel kringe nie en nou het hy weer ‘n wêreldgehalte atleet in sy midde, Ivan Kotze (20).

Aan die einde van Julie het Kotze vir die eerste keer 185 kilogram gesquat en 120 kilogram gebench. In albei gevalle het hy rekords in die onder 53 kilogram-afdeling gebreek.

Kotze is ‘n leerling aan Promosa Sekondêre Skool en in 2014 het hy by Khandanise se Dragon Gym aangesluit, waar hy kragoptel as ‘n sport begin het.
“Onder leiding van Oom Effie (Khandanise) het ek baie in die sport gegroei en die basiese goed geleer. Hy is nog steeds my afrigter,” noem Kotze.

Kotze het vinnig naam gemaak en in 2014 het hy die titel van “best sub-lifter” by die SA Kragoptel kampioenskappe gewen.

“Ek het al verskeie kere vir die SA’s en wêreldkampioenskappe gekwalifiseer, maar weens ‘n finansiële tekortkoming kan ek nie aan alles deelneem nie,” vertel hy.

Vir meer inligting oor kragoptel kan Ephraim Khandanise by 076 311 2021 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button