SportSport

Volkies vorder na Noordwesfinaal met oortuigende oorwinning

Gemaklik is ‘n goeie woord om Volkies se eerstespan se oorwinning met 7 paaltjies teen Wolmaransstad in die halfeindstryd in die Noordwes Super A-liga te beskryf. Dié wedstryd wat op Saterdag, 24 September op Volkies se tuisveld plaasgevind het, was nie so ‘n eensydige affêre soos voorspel was nie, met Wollies wat tot ‘n goeie …

Gemaklik is ‘n goeie woord om Volkies se eerstespan se oorwinning met 7 paaltjies teen Wolmaransstad in die halfeindstryd in die Noordwes Super A-liga te beskryf.
Dié wedstryd wat op Saterdag, 24 September op Volkies se tuisveld plaasgevind het, was nie so ‘n eensydige affêre soos voorspel was nie, met Wollies wat tot ‘n goeie 103/2 beweeg het voordat Volkies se draaiers, Louis van Schalkwyk en André Taljaard begin het om toe te slaan.
Met hierdie twee aan die stuur gaan dinge erg Suid vir Wolmaransstad en hulle verloor 8 paaltjies vir 66 lopies. Van Schalkwyk kry 4/46 in sy 10 boulbeurte, terwyl Taljaard met 3/31 in 9 boulbeurte spog. Die lang en lenige snelbouler Robert de Villiers dra ook by met 2/27. Volkies maak korte mette van Wollies se 170 almal uit, met Vincent Viljoen se 53(57) en Van Schalkwyk se 68 (75) nie uit nie.
Van Schalkwyk is tans in ongelooflike vorm met die kolf en ‘n mens sou glo dat die krieketbal vir hom so groot soos ‘n sokkerbal lyk.
Hy het vanjaar tot dusver vier 50’s en twee honderdtalle vir Volkies in die 50 beurt formaat geslaan en spog met ’n verstommende lopiegemiddeld van 73.
Met hierdie oorwinning ontmoet Volkies vir Gimmies in die Noordwesfinaal wat op Saterdag, 15 Oktober in ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd gaan ontaard.

Foto’s: Barco Greeff

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button