SportSport

Hierdie yster wil sy staal in Dubai wys

Die kranige eerstespan rugbyspeler van Potchefstroom Gimnasium, Anelka Barends (17), bevind homself dalk in Dubai hierdie komende Desembervakansie vir ‘n rugby ervaring soos min. Travel & Sport agentskap kies elke jaar gesogte spelers om deel van hulle o.19 uitnodigingspan vir toere te wees. Vanjaar is Barends die kans gegun om sy staal by die Dubai …

Die kranige eerstespan rugbyspeler van Potchefstroom Gimnasium, Anelka Barends (17), bevind homself dalk in Dubai hierdie komende Desembervakansie vir ‘n rugby ervaring soos min. Travel & Sport agentskap kies elke jaar gesogte spelers om deel van hulle o.19 uitnodigingspan vir toere te wees. Vanjaar is Barends die kans gegun om sy staal by die Dubai Sewes-toernooi vanaf 27 November tot 3 Desember te wys.

‘n Paneel het Barends en ander spelers regoor die land genader na hulle spel op skole Sewes-vlak vanjaar. Die enigste dilemma is die koste verbonde aan so ‘n toer, wat sowat R37 000 beloop.

Anelka Barends

Barends is wel in die wolke dat hy uitgenooi is en het juis met die Herald gesels toe hy op pad na ‘n rugbyoefening was – duidelik leef hy vir die sport. “Die snaakse ding is dat ek nie altyd rugby gespeel het nie. Ek wou nie eers op hoërskool speel nie, maar toe ek eers begin, het ek dit al hoe meer geniet. Die Here is regtig net so awesome en dit is danksy Sy krag en beloftes dat ek is waar ek is. ‘n Mens kan werklik op Hom staatmaak,” het Barends verder gesê.

Barends is ook vir SARU se o.17-Sewesoefengroep gekies. Dié oefengroep trek later vandeesmaand saam in Stellenbosch vir ‘n oefenkamp onder leiding van Marius Schoeman, bestuurder van die SA Sewesakademie.
Dit was vir Barends ook ‘n groot hoogtepunt dat hy hierdie jaar in die Luiperds se Cravenweekspan opgeneem is. “Ek dank die Here vir my talente en ook in besonder vir Bertus Pool, ons eerstespan afrigter vir sy hulp die afgelope jaar,” noem Barends. Vir navrae kan Barends se ma, Aurelia August by 071 681 1215 gekontak word.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button