SportSport

Volkies se eerste krieketspan is Noordweskampioene na naelbytoorwinning

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan is die Noordwes-kampioene vir die eerste keer sedert 1994 nadat hulle vir Potchefstroom Gimnasium met slegs 1 paaltjie vanmiddag (Saterdag, 14 Oktober) geklop het. Volkies het die loot gewen en eerste geboul met hulle boulers wat die weg vir ‘n oorwinning gebaan het. Gimmies is vir ‘n klein totaal …

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan is die Noordwes-kampioene vir die eerste keer sedert 1994 nadat hulle vir Potchefstroom Gimnasium met slegs 1 paaltjie vanmiddag (Saterdag, 14 Oktober) geklop het.

Volkies het die loot gewen en eerste geboul met hulle boulers wat die weg vir ‘n oorwinning gebaan het. Gimmies is vir ‘n klein totaal van 146 almal uitgeboul, maar die besoekers se boulers het hulle amper tot ‘n oorwinning deurgedra.

Wat ‘n gemaklike oorwinning vir Volkies op 90/2 moes wees het amper in ‘n nagmerrie ontaard met ‘n naelbyt-einde, danksy goeie druk wat Gimmies se draaiers opgebou het.

Sport

Volkies se Le Roux White en Cobus Crowther het toe die nodige lopies aangeteken met 9 boulbeurte oor.

Gimmies se boulers het hulle bes probeer met Vernon Charslund wat met sy draaiballe inslae gemaak het. Tog het hulle net te min lopies gehad om te verdedig.

Gimmies se top kolwers was Ronnie Hendricks met 29 en Francois van Deventer met 23*.

Volkies se openingskolwers Louis van Schalkwyk (39) en Vincent Viljoen (32) het die grondslag vir Volkies se beurt met ‘n puik 65 lopie venootskap gelê.

Duan Jansen en Marco Jansen was gevaarlik en akkuraat met hulle linkerhand swaaiballe gewees en kan hulle koppe hooghou met goeie en ekonomiese boulvertonings.

Ricus Swart met 4 paaltjies het wel vir paniek gesorg toe hy met sy draaiballe van Herman Prinsloo, Martin Fourie, Jannie Claassens en Waldu Kotze ontslae geraak het.

Daar was wel ‘n kombinasie van verligting en vreugde toe nommer 11 kolwer, Le Roux White, die wenlopies met slegs een paaltjie oor, gemoker het.

Lees in meer besonderhede oor hierdie wedstryd in komende week (19 Oktober) se Potchefstroom Herald.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button