Nuwe rolballigas begin die naweek
Die eerste balle in Noordwes se rolballigas word Saterdag 21 Oktober afgelewer. Bykans 200 spelers sal deel wees van die ligas. Daar is twaalf spenne wat kragte meet in die Premierliga en ‘n verder twintig in die Eersteliga. Al die ligas word op ‘n mans en vroue basis gespeel. Daar is ook ‘n Plattelandse liga …

Die eerste balle in Noordwes se rolballigas word Saterdag 21 Oktober afgelewer. Bykans 200 spelers sal deel wees van die ligas. Daar is twaalf spenne wat kragte meet in die Premierliga en ‘n verder twintig in die Eersteliga. Al die ligas word op ‘n mans en vroue basis gespeel. Daar is ook ‘n Plattelandse liga waar gemengde spanne inskryf.
Drie spanne van die stad se klubs speel in die Premierliga: Potchefstroom Dorp het ‘n mans en vrouespan in die liga en die Buiteklub ‘n vroue span. Die Buiteklub het ook twee mansspanne in die Eersteliga.
Die Premierliga spanne is: Mans (Potchefstroom Dorp) : Pierre Breitenbach, Ronnie Palmer, Smittie Smit, Jean du Plessis en Gerrit J van Rensburg. Vroue: (Potchefstroom Dorp): Corrie Breitenbach, Brenda Palmer, Rose du Plessis, Serlina Venter en Elly van Dijk. (Buiteklub): Helena Koekemoer, Minnie Swart, Hettie de Beer, Elien Theunissen en Hannetjie Nieuwoudt.
Die Premierliga wedstryde vind by Parys se klub plaas, die vroue Eersteliga in Fochville en die Mans Eersteliga by Klerksdorp Rolbalklub.




