SportSport

Lof van Indiese krieketkaptein vir Gimmies se Jansen-tweeling

Krieketdrome het die afgelope naweek vir Gimmies se talentvolle krieket-tweeling, Marco en Duan Jansen waar geword, toe hulle vir twee dae in die nette vir Indië se nasionale krieketspan geboul het. Indië is tans op toer in Suid-Afrika en was besig om vir die derde toets teen Suid-Afrika op die Wanderers in Johannesburg voor te …

Krieketdrome het die afgelope naweek vir Gimmies se talentvolle krieket-tweeling, Marco en Duan Jansen waar geword, toe hulle vir twee dae in die nette vir Indië se nasionale krieketspan geboul het. Indië is tans op toer in Suid-Afrika en was besig om vir die derde toets teen Suid-Afrika op die Wanderers in Johannesburg voor te berei.

Duan Jansen, Virat Kohli (Indiese toetskrieketkaptein), Marco Jansen en Ronald Hendricks. Die drie Gimmie eerstespan krieketspelers het die voorreg gehad om vir die Indiese toetspan te boul die afgelope naweek. Foto: Wouter Pienaar
Duan Jansen, Virat Kohli (Indiese toetskrieketkaptein), Marco Jansen en Ronald Hendricks. Die drie Gimmie eerstespan krieketspelers het die voorreg gehad om vir die Indiese toetspan te boul die afgelope naweek. Foto: Wouter Pienaar
Die koerantberig wat in ‘n Delhi koerant verskyn het oor die Jansen-tweeling se boulvermoë teen Indië se top kolwers.

Sodoende het hierdie tweeling sowel as Ronald Hendricks, ook van Gimmies se eerste krieketspan, die kans gekry om vir van die wêreld se topspelers soos Virat Kohli, Rohit Sharma en KL Rahul te boul.

Dié onmisbare Jansen-tweeling het toe sommer ook die Indiese koerante gehaal nadat hulle die toerspan se kaptein, Kohli, beïndruk het. Na aanduiding van die dekking wat die tweeling in Indië se koerante en krieketwebtuistes soos cricbuzz.com en wisdenindia.com ontvang het, het hierdie twee veelsydige spelers duidelik hulle kans met altwee hande aangegryp.

Mall

PNP

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button