SportSport

Gimmies klop Volkies in riller T20-skolestryd

Dit was geen skok toe die soveelste Gimmie-Volkie krieketwedstryd weer ‘n senutergende sportskouspel was nie – hierdie keer die finaal van die T20 reeks se Potchefstroomsirkel wat op Woensdag, 31 Januarie beslis is. Gimmies het breebors en met uitbundigheid van die veld af gehardloop toe hulle Volkies met slegs 1 lopie op Volkies se tuisveld …

Dit was geen skok toe die soveelste Gimmie-Volkie krieketwedstryd weer ‘n senutergende sportskouspel was nie – hierdie keer die finaal van die T20 reeks se Potchefstroomsirkel wat op Woensdag, 31 Januarie beslis is.

Gimmies het breebors en met uitbundigheid van die veld af gehardloop toe hulle Volkies met slegs 1 lopie op Volkies se tuisveld geklop het in ‘n wedstryd wat met die laaste bal beslis is .

Gimmies het ‘n relatiewe klein totaal van 123/9 in 20 beurte opgestel en Volkies moes goed gevoel het oor hulle kanse, veral nadat hulle boulers soos Jannie Claassens met 4 paalties, goed vertoon het.

Dit was hoofsaaklik die Jansen-tweeling, Marco en Duan wat aan albei beurte ‘n groot verskil met die kolf en bal gemaak het. Duan het verseker dat Volkies met die laaste boulbeurt beperk word toe hy ‘n klompie uitstekende streepballe geboul het. Marco het nou weer vroeër ‘n blitsvinnige 40 aangeteken wat ‘n paar majestueuse grenshoue ingesluit het.

Kyk die foto’s hier: Foto’s – Wouter Pienaar

Volkies kon nie momentum in hulle beurt bou nie en net André Taljaard met 36 kon enige iets goed met die kolf doen. Die druk het net te veel geraak en met die onnodige uithardloop van Claassens het Gimmies geweet dat hulle ‘n goeie kans het. Ronald Hendricks was ook uitstekend met sy draaiballe en het 2/18 in 4 boulbeurte geneem.

Met dié wen dring Gimmies gevolglik deur na die Noordwes-semifinaal teen die wenner van Lichtenburg en Vryburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button