SportSport

Volkies se Timothy Malan lewer ‘n vierkuns op teen Gimmies

Vier paaltjies in vier balle. Dit was die droomscenario wat Volkies se Timothy Malan teen Gimmies in hulle Varsity Krieketstryd op Senwes Park beleef het toe hy met puik boulwerk sy skool na ‘n 5 paaltjie oorwinning gelei het. Gimmies is vir ‘n skamele 42 almal uitgeboul en kon nie eers die 12 beurte bly …

Vier paaltjies in vier balle.

Dit was die droomscenario wat Volkies se Timothy Malan teen Gimmies in hulle Varsity Krieketstryd op Senwes Park beleef het toe hy met puik boulwerk sy skool na ‘n 5 paaltjie oorwinning gelei het.

Gimmies is vir ‘n skamele 42 almal uitgeboul en kon nie eers die 12 beurte bly staan in hierdie spesiale wedstryd wat as vertoonwedstryd vir die Varsity Krieket-finaal tussen NWU en Tuks gedien het.

Malan het met boulsyfers van 4/13 in 2 boulbeurte gespog terwyl Andre Taljaard ook twee paaltjies ingeoes het.

Volkies het wel gemaklik na die teiken gevorder voordat Christopher de Freitas met flink veldwerk uitgehardloop is om na 33/3 te laat.

Op die ou einde het Jaco Viljoen en Waldu Kotze sterk gestaan en Volkies oor die lyn gedra met die telling op 45/5. Sodoende wen Volkies met vier boulbeurte oor.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button