SportSport

NWU skraap deur teen UJ met 18-15 oorwinning in Varsitybeker

Die NWU het na ‘n oortuigende begin in vanaand se Varsitybekerwedstryd net-net daarin geslaag om die Universiteit van Johannesburg met 18-15 op die Fanie du Toit Sportgronde te klop. Wat teen halftyd soos ‘n gemaklike oorwinning vir die NWU gelyk het het toe in ‘n senutergende wen verander met dissiline en swak besluitneming wat amper …

Die NWU het na ‘n oortuigende begin in vanaand se Varsitybekerwedstryd net-net daarin geslaag om die Universiteit van Johannesburg met 18-15 op die Fanie du Toit Sportgronde te klop.

Wat teen halftyd soos ‘n gemaklike oorwinning vir die NWU gelyk het het toe in ‘n senutergende wen verander met dissiline en swak besluitneming wat amper vir UJ die wen gegee het.

Die NWU het geen punte in die tweede helfte aangeteken nie en het soms die tuisskare se senuwees aan flenters gehad, veral toe UJ in die laaste sekondes amper met ‘n vinnige skoppie gaan druk het. Genadiglik het die eindfluitjie op die regte tyd geblaas.

Vir UJ het hulle yster kaptein, Jannes Snyman en flank Adriaan Bester, drieë gaan druk om UJ ‘n uitstekende kans te gee, maar op die ou einde kon hul net nie die wa deur die drif trek nie.

Die NWU het wel ‘n goeie eerte helfte gehad vroeg die voortou geneem met Schalk Hugo wat ‘n strafskop binne die eerste 5 minute oorgeklits het.

Dit was wel binne minute 3-3 met Jean-Luc Cilliers wat ook ‘n strafskop deur die pale gesit het. UJ het gedink dat hulle die eerste drie van die wedstryd gedruk het, maar ‘n TV beslissing het bewys dat dat ‘n vorentoe aangee na Jaco Fourie nie na ‘n drie gelei het nie.

Die NWU het in die eerste 20 minute ook ‘n paar doellose skoppe balbesit onnodige balbesit vir UJ gegee wat dinge moeiliker vir die tuisspan gemaak het. Met die eerste strategiebreek was die telling 6-3 in NWU se guns met die wedstryd wat nog enige kant toe kon swaai.

‘n Puik breek van die speler van die wedstryd Tapiwa Mafura het die UJ verdedigers laat bontstaan en vinnige bal het die NWU se eerste drie besorg toe Evardi Boshoff in die hoekie oorgeduik het. Hugo het ‘n moeilike skop verdoel en skielik kon NWU asemhaal met ‘n 13-3 voorsprong.

Die regtervleuel Dean Gordon het toe die voorsprong vergroot toe Mafura weer puik werk gedoen het en hy ‘n goed teen die kantlyn afgerond het met UJ verdediging wat alles ingesit het om hom oor die kantlyn te dryf.

Teen halftyd was dit 18-3 vir die tuisspan en UJ sal ‘n monumentale poging moet om ‘n terugkeer in die wedstryd te maak. Dit was presies die geval toe UJ in die 56 minuut hulle eerste drie gedruk toe hul kaptein en haker, Jannes Snyman van ‘n losgemaal oorgedryf het om die gaping te vernou na 18-8.

NWU het toe dadelik van die Powerplay gebruik gemaak om met 15 teen 13-man weer ‘n redelike voorsprong te kry, maar kon nie in die 3-minuut gaping punte aanteken nie.

Die NWU het ‘n paar keer die kans gehad om drieë vanuit oop spel te druk maar kon nie geleenthede benut nie en verkeerde besluite het hulle pogings gerem wat hulle amper ‘n wen laat ontneem het.

NWU afrigter, Jonathan Mokuena sal na die oorwinning verlig wees en definitief die foute moet uitstryk voor hulle sterker opposisie in die gesig vanjaar staar.

Punte:

NWU: 18 (18)

Drieë: Evardi Boshoff, Dean Gordon

Doelskoppe : Hugo

Strafskoppe: Schalk Hugo (2)

UJ: 15 (3)

Drieë: Jannes Snyman, Adriaan Bester

Doelskoppe: Jean Luc Cilliers

Strafskoppe: Jean Luc Cilliers

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button