Buiteklub se gholfklub-kampioenskap dié naweek
Die komende naweek, 10 en 11 Maart hou die Buiteklub sy jaarlikse gholfkampioenskappe. Die spelers sal Saterdag sowel as Sondag 18 putjies speel en die klubkampioene sal Sondag aangewys word. Beide die mans en dames speel in die kampioenskappe. *Op Woensdag, 28 Februarie het die bonus bogey-kompetisie uitgereën en was daar geen uitslag nie. * …

Die komende naweek, 10 en 11 Maart hou die Buiteklub sy jaarlikse gholfkampioenskappe.
Die spelers sal Saterdag sowel as Sondag 18 putjies speel en die klubkampioene sal Sondag aangewys word. Beide die mans en dames speel in die kampioenskappe.
*Op Woensdag, 28 Februarie het die bonus bogey-kompetisie uitgereën en was daar geen uitslag nie.
* Op Vrydag, 2 Maart het die NG Kerk, Eerste Vesting, hulle fondsinsameling by die Buiteklub aangebied.
Die formaat was ‘n bonus beterbal-kompetisie met ‘n alternatiewe dryf.
Die wenners was:
1e – Riaan Swart en Hannatjie van Rooyen met 47 punte
2e – Johan du Plessis en Bennie van Wyk met 46 punte
3e – Pine Pienaar en Wally Plotz met 45 punte
*Op Saterdag, 3 Maart het die Wimpy Potchefstroom die monthly medal-kompetisie geborg. Die uitslae was soos volg:
A – Afdeling – Lemmer Vermooten met ‘n netto telling van 69
B – Afdeling – Adriaan Vermooten met ‘n netto telling van 69
C – Afdeling – Frans Putter met ‘n netto telling van 67





