SportSport

Luiperds verneder in Kimberley met 80-14

Saterdag, 28 April 2018 sal as ‘n donker dag in Luiperds Rugby se geskiedenisboeke aangeteken word nadat die Griekwas hulle met 80-14 in Kimberley in die Supersport Uitdaagtoernooi vermorsel het. Griekwas het 12 drieë gedruk en ‘n tandelose Luiperdsspan van begin tot einde gedomineer. Die Luiperds sal nou hulle wonde vinnig moet lek voor hulle …

Saterdag, 28 April 2018 sal as ‘n donker dag in Luiperds Rugby se geskiedenisboeke aangeteken word nadat die Griekwas hulle met 80-14 in Kimberley in die Supersport Uitdaagtoernooi vermorsel het.
Griekwas het 12 drieë gedruk en ‘n tandelose Luiperdsspan van begin tot einde gedomineer.
Die Luiperds sal nou hulle wonde vinnig moet lek voor hulle volgende wedstryd Vrydag, 4 Mei teen Vrystaat in dieselfde kompetisie.
Die gebrek aan tyd en kompetisievoorbereiding is juis volgens Luiperds afrigter, Jonathan Mokuena een van die hoofredes vir die power vertoning.
“Ons het hopeloos te veel foute teen ‘n kwaliteit span soos Griekwas gemaak.
Ons kan dit nie bekostig nie en het duur betaal die naweek. My hoop is dat die spelers hard gaan dink het oor die vertoning en beslis hieruit geleer het. Ons het hierdie jaar nie die beste voorseisoenprogram gehad nie, weens die feit dat baie van die spelers nog ‘n week voor die kompetisie met die Varsitybeker besig was. Tyd is ‘n groot faktor.”
Mokuena hoop nou dat sy span mettertyd hulle voete sal vind en soos die kompetisie aanhou, hulle trots kan herwin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button