Potchefstroom Swemklub wys weer hulle staal by NW-kampioenskappe
Die Potchefstroom Swemklub pronk steeds trots op die podium in die derde plek na die afgelope Noordwes swem-kampioenskappe wat tydens die naweek van 22-23 September in Phokeng gehou is. Swemmers van dié swemklub het nie minder as 8 individuele byeenkomsrekords gebreek nie! Die klub het daarby die uitsonderlike prestasie behaal met ’n totaal van 82 …
Die Potchefstroom Swemklub pronk steeds trots op die podium in die derde plek na die afgelope Noordwes swem-kampioenskappe wat tydens die naweek van 22-23 September in Phokeng gehou is.
Swemmers van dié swemklub het nie minder as 8 individuele byeenkomsrekords gebreek nie! Die klub het daarby die uitsonderlike prestasie behaal met ’n totaal van 82 medaljes (waarvan 33 goud, 27 silwer en 22 brons).
Die afrigter, Marike van Oort, het aangedui dat elke individuele swemmer skitterende prestasies behaal het.
Alexia Delicado het vyf goue medaljes losgeswem en drie individuele byeenkomsrekords laat spat.
Wian Bartleman het met 3 goue- en 2 silwer medaljes weggestap en daarby ook 3 individuele byeenkomsrekords gebreek. Scarlett Botes het twee splinternuwe rekords gebreek en spog met 3 goue medaljes. Chazél Orton, die goue meisie van Potchefstroom Swemklub, het met sewe goue medaljes en twee silwer weggestap.
Aiden Nel verower vyf goue, een silwer en twee brons medaljes. Ewald Bartleman skitter met vier goue, drie silwer en een brons medalje. Nog ’n trotse medalje-wenner is Janco Bartleman (een goud en drie silwer).
Michael Barnardo wen een silwer en 3 brons, John-Thomas Botha verower drie silwer en twee brons, Pieter-Jacq du Toit wen een silwer medalje en twee brons, Mathilda Liebenberg wen een silwer en drie silwer medaljes, Deoné Borstlap en Inneke Liebenberg spog elkeen met ‘n brons medalje, Amy Fluech wen een silwer medalje, René Kotzé een silwer en een brons, Bianca Opperman een goud en twee silwer medaljes, Ilze Nolte een brons en Joël Kriek twee goud en een silwer.
Victor Scheepers verower twee silwer en een brons, terwyl William-Stephen Slaughter met een silwer en een brons, asook Tumé van Niekerk wat met twee goud, twee silwer en drie brons medaljes om die nek spog.



