SportSport

Varsitybeker: NWU gereed om UJ in eerste wedstryd te pak

ie 2019 Varsitybekerseisoen sal weer een vir die boeke wees en in die 12de weergawe van hierdie toernooi sal die plaaslike NWU Varsitybekerspan weer hulle staal wil wys. Die NWU gaan weer vanjaar met Jonathan Mokuena as hoofafrigter die toernooi aanpak, terwyl ervare spelers soos Chriswill September en Schalk Hugo ook weer die aanvallende linie …

ie 2019 Varsitybekerseisoen sal weer een vir die boeke wees en in die 12de weergawe van hierdie toernooi sal die plaaslike NWU Varsitybekerspan weer hulle staal wil wys.
Die NWU gaan weer vanjaar met Jonathan Mokuena as hoofafrigter die toernooi aanpak, terwyl ervare spelers soos Chriswill September en Schalk Hugo ook weer die aanvallende linie sal lei.
Die NWU skop hulle eerste wedstryd teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) af op Maandag, 4 Februarie en soos gewoonlik sal dit ‘n titaniese stryd wees tussen hierdie twee trotse universiteite.
Om een of ander rede is wedstryde tussen hierdie twee spanne altyd naelskraap en daar kan weer so ‘n situasie in Johannesburg verwag word.
Die NWU speel hulle eerste tuiswedstryd van die seisoen teen nuwelinge UWC op 18 Februarie op die Fanie du Toit Sportgronde.
Volgens Mokuena is hy tevrede met hoe die voorseisoenvoorbereiding sover plaasgevind het, al het die jaareind eksamens bietjie krapperigheid veroorsaak.
“Ons het ‘n baie goeie en talentvolle jong groep vanjaar. Wat die voorbereiding so bietjie gehinder het was dat sommige spelers eksamens moes gaan herskryf het en so, maar buiten dit is daar ‘n goeie gees in die span.”
Volgens Mokuena gaan die nuwe gesigte in die span ‘n goeie kans bied om met nuwe planne vorendag te kom.
“Dit is natuurlik ‘n uitdaging om met nuwe spelers te werk omdat hulle nog nie die spanopset so goed ken nie. Die belangrikste is om harde werk in te sit en elke week te bou. Ons sien uit na die eerste wedstryd teen UJ,” sê Mokuena.

Bepalings vir die NWU (Varsitybeker 2019)

4 Februarie – NWU teen UJ – Johannesburg (16:45) TV
18 Februarie – NWU teen UWK – Potchefstroom (18:30)
25 Februarie – NWU teen Shimlas – Bloemfontein (19:00) TV
4 Maart – Maties teen NWU – Stellenbosch (19:00) TV
11 Maart – NWU teen Ikeys – Potchefstroom (18:30)
18 Maart – NWU teen Tuks – Potchefstroom (19:00) TV
25 Maart – NWU teen CUT – Bloemfontein (18:30)
1 April – NWU teen Wits – Potchefstroom (18:30)

Boston

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button