SportSport

Van Onselen, Bullock en Werkman peper vir Montana

Gimmies se op en wakker o.15A-span het hulle Finsbury B-liga seisoen op ‘n hoë noot begin toe hulle vir Hoërskool Montana met 120 lopies geklop het. Hier was Martin van Onselen uitstekend, wat ‘n blitsvinnige 112 lopies van 68 balle gemoker het. Tesame met Martin Bullock (56) en Marko Werkman (54) het hierdie drie kolwers …

Gimmies se op en wakker o.15A-span het hulle Finsbury B-liga seisoen op ‘n hoë noot begin toe hulle vir Hoërskool Montana met 120 lopies geklop het.
Hier was Martin van Onselen uitstekend, wat ‘n blitsvinnige 112 lopies van 68 balle gemoker het. Tesame met Martin Bullock (56) en Marko Werkman (54) het hierdie drie kolwers vir Gimmies in ‘n puik posisie geplaas met ‘n telling van 319/8.
Dit was een te veel vir Montana se kolwers, veral nadat Estiaan Terblanche met 5/36 die ruggraat uit die besoekers se kolforde getrek het.
Gimmies se eerstespan het met 96 lopies teen Montana verloor. Tydens dié wedstryd het Louis Fourie en Marinus Pienaar 39 lopies aangeteken en Caleb Seleka het drie paaltjies geneem.
Gimmies se o/15B-span het die afgelope naweek ook vir Ikageng met 19 lopies geklop.

Kyk die foto’s van die o.15A’s se wedstryd teen Montana hier: 

Boston

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button