B-liga Interhoër is propvol aksie
Die 2019 Noordwes B-liga Interhoër het op Vrydag, 8 Februarie by die Kenneth McArthur Atletiekstadion plaasgevind, waar Hoërskool Wolmaransstad as wenners uit die stryd getree het. Wollies het die ander skole, Hoërskool Wagpos, Bekker, Hoërskool Schoonspruit, Hoërskool Ferdinand Postma, Hoërskool Zeerust, Hoërskool Orkney en HTS Klerksdorp met hulle prestasie verras. Ferdies was die enigste Potchefstroomse …

Die 2019 Noordwes B-liga Interhoër het op Vrydag, 8 Februarie by die Kenneth McArthur Atletiekstadion plaasgevind, waar Hoërskool Wolmaransstad as wenners uit die stryd getree het. Wollies het die ander skole, Hoërskool Wagpos, Bekker, Hoërskool Schoonspruit, Hoërskool Ferdinand Postma, Hoërskool Zeerust, Hoërskool Orkney en HTS Klerksdorp met hulle prestasie verras.
Ferdies was die enigste Potchefstroomse skool wat aan die byeenkoms deelgeneem het, en al het hulle vyfde (507 punte) geëindig, kan hulle trots wees op veral Zia Pieterse, wat as die Senior Victrix Ludorum aangewys is.
Die finale puntestand was as volg: Wolmaransstad (765), Wagpos (748), Bekker (643), Schoonspruit (599), Ferdies (507), Zeerust (484), Orkney (395) en HTS Klerksdorp (300).
Foto’s: Dané du Plooy












