SportSport

Groot skole T20-krieket hierdie naweek met Volkies wat Gimmies in kwarteind pak

Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspanne gaan Vrydag (15 Februarie) kyk wie die meeste balle oor die NWU-Puk Oval se toue kan moker om as Potchefstroom-streekwenners uit die stryd te tree. Dit is maar net die begin van ’n Noordwes Skole T20-krieketfees waar die wenners van die provinsie Saterdag bepaal word. Volkies …

Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspanne gaan Vrydag (15 Februarie) kyk wie die meeste balle oor die NWU-Puk Oval se toue kan moker om as Potchefstroom-streekwenners uit die stryd te tree.

Dit is maar net die begin van ’n Noordwes Skole T20-krieketfees waar die wenners van die provinsie Saterdag bepaal word.
Volkies of Gimmies sal dan Potchefstroom verteenwoordig in die Noordwes semi-finaal Saterdagoggend (16 Februarie) op die NWU-Oval teen die wenners van die ander Noordwes streke se spanne.

John van Wyk is een van Volkies se jong opwindende spelers. Foto: Barco Greeff.
John van Wyk is een van Volkies se jong opwindende spelers. Foto: Barco Greeff.

Die finaal sal dan die middag plaasvind om die twee dae lange skolekrieket-karnaval op ’n hoogtepunt af te sluit.
Verlede jaar het Gimmies die spit teen Rustenburg afgebyt en sal hierdie jaar sake met ‘n wen wil regstel.
Volkies sal ook hulle oorwinnings in 2015, 2016 en 2017 wil herhaal met nog ‘n T20-trofee. Die aksie begin Vrydag om 14:00 op die NWU-Puk Oval.
Spanne:
Gimmies: Frans Viviers, Marinus Pienaar, Tiaan Brandt, Simphiwe Mkhwanazi, Franco Boshoff, Gerhard Turkstra, Dirco Bester, Caleb Seleka, Junior Mathe, Dylan Barends, Louis Fourie, Dylan Niemack en Philip Jonker
Volkies: Van Zyl Smit, Jannie Claassens, Jaco Viljoen, Timothy Malan, Wikus Marais, Christiaan Bester, Lohard Janse van Rensburg, Wendel Osoala, Lunga May, CJ White, Stephan Fourie, Corné Prinsloo en John van Wyk

Frans Viviers van Gimmies
Frans Viviers van Gimmies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button