SportSport

Verwag groot aksie tussen NWU en Shimlas in Varsitybekerstryd

Die tradisionele intervarsity-stryd tussen die NWU en Shimlas vind dalk nie meer elke jaar soos ouds met al die gepaardgaande ‘fanfare’ plaas nie, maar dit gaan nie die vuurwerke op die veld tussen hierdie twee spanne stop nie. Dié twee trotse rugbyspanne gaan mekaar komende Maandag, 25 Februarie op Shimla-Park in Bloemfontein aanvat. Die laaste …

Die tradisionele intervarsity-stryd tussen die NWU en Shimlas vind dalk nie meer elke jaar soos ouds met al die gepaardgaande ‘fanfare’ plaas nie, maar dit gaan nie die vuurwerke op die veld tussen hierdie twee spanne stop nie. Dié twee trotse rugbyspanne gaan mekaar komende Maandag, 25 Februarie op Shimla-Park in Bloemfontein aanvat.

Die laaste keer wat die NWU vir Shimlas in Bloemfontein geklop het was in 2009 en ‘n dekade se nederlae kan Maandagaand gebreek word.
Tans is die onoorwonne NWU bo aan die punteleer na oortuigende oorwinnings teen UJ (23-8) en die UWK (37-21) en sal dit graag drie in ‘n ry teen die Shimlas wil maak.

Foto’s: Barco Greeff

Die Shimlas kan nie onderskat word nie. Met ‘n venynige en vlugvoetige losskakel, Lubabalo Dobela in hulle midde, sowel as die Eybers-broers, William en Kurt, wat met hulle spoed probleme kan veroorsaak.
Voorlangs sal Janco Cloete, Henk Pretorius (kaptein) en Jan Rossouw die spelers wees wat ‘n doring in die Potchefstromers se vlees kan wees.

Die NWU is op ‘n goeie plek en sal na twee goeie oorwinnings op hulle momentum wil voortbou. Verwag ‘n goeie stryd tussen die NWU losskakel, Schalk Hugo en sy direkte teenstander, Lubabalo Dobela. Spelers soos die bestendige kaptein, Chucky van der Westhuizen, sal weer op die voorste linie wil lei, met Botter Moloto en Robert Hunt wat langs hom sak. Hunt het voorwaarlik ‘n uitstekende wedstryd teen UWK die afgelope Maandagaand beleef en is stelselmatig besig om as een van die sleutelspelers in die span sy naam te vestig.

Die NWU se giftige agterlyn wat die linkervleuel, Lungelo Gosa en buitesenter, Evardi Boshoff insluit sal ook in die Rosestad amok maak.
Volgens NWU afrigter, Jonathan Mokuena is hy tevrede met sy span se spelpeil tot dusver en sal in die komende week tyd insit om sy teenstanders deeglik te analiseer.

“Ek is bly oor hoe ons teen UWK gespeel het. Die voorspelers het puik werk ingesit en die verdediging was ook goed. Dit was ook goed om geleentheid vir die jonger spelers op die plaasvervangersbank te gee,” het hy genoem.
“Die Shimlas het ons verbaas toe hulle vir Wits in Johannesburg Maandag klop. Dit wys net weer hoe onvoorspelbaar die Varsitybeker is en dat enige iets kan gebeur,” het Mokuena verder gesê.

Die wedstryd skop om 19:00 af en kan op Supersport 1 gevolg word.

Vorige vier uitslae:
2015: Shimlas 63 – NWU 33 (Bloemfontein)
2016: NWU 37 – Shimlas 21 (Kaapstad)
2017: Shimlas 35 – NWU 21 (Bloemfontein)
2018: NWU 58 – Shimlas 21 (Potchefstroom)

NWU: (Moontlik)
15. Chuiner van Rooyen, 14. Pienaar van Niekerk, 13. Evardi Boshoff, 12. Akhona Nela, 11. Lungelo Gosa, 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Wian Conradie, 7. Wandi Mazibuko, 6. Gideon van der Merwe, 5. Danny du Plooy, 4. Johan Retief, 3. Robert Hunt, 2. Louis van der Westhuizen 1. Botter Moloto.
Shimlas: (Moontlik)
15. Sechaba Matsoele, 14. Cham Zondeki, 13. Kurt Eybers, 12. William Eybers, 11. Marnus Boshoff, 10. Lubabalo Dobela, 9. Izak Burger, 8. Mihlali Peter, 7. Henk Pretorius, 6. Janco Cloete, 5. Mervyn Roos, 4. Sibabalo Qoma, 3. Cornelius Kramer, 2. Hanno Snyman, 1. Bhekinkosi Qaba

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button