SportSport

Koshuise se ringbalspelers kook in ligawedstryde

Hierdie week is Februarie-aande op die Fanie du Toit Sportgronde ‘n mengelmoes van die top koshuis-ringbalspelers wat mekaar op NWU Ringbal se bane aandurf. 44 spanne uit verskeie koshuise neem aan vanjaar se koshuisliga deel wat uit 24 damesspanne en 20 mans-spanne bestaan. Dit is ook die grootste koshuisliga ringbalkompetisie in die land. Volgens NWU …

Hierdie week is Februarie-aande op die Fanie du Toit Sportgronde ‘n mengelmoes van die top koshuis-ringbalspelers wat mekaar op NWU Ringbal se bane aandurf.
44 spanne uit verskeie koshuise neem aan vanjaar se koshuisliga deel wat uit 24 damesspanne en 20 mans-spanne bestaan. Dit is ook die grootste koshuisliga ringbalkompetisie in die land.

Volgens NWU Ringbal voorsitter, Chrisna Landsberg, is die NWU die enigste universiteit in die land wat ringbal as ‘n sport aanbied.

“Die spelers en bestuur se gesindheid is wonderlik teenoor die sport en almal geniet dit vreeslik.
“Ons kry baie goeie ondersteuning van die NWU af en dit is wonderlik om die sport verder te bevorder,” noem Landsberg.

Baie van die spelers in die NWU Ringbal-groep speel ook vir Dr. Kenneth Kaunda teen ander ringbaldistrikte en behaal dan ook SA-spanne.

NWU Ringbal se groot droom is om teen ander universiteite in die land ook deel te neem en die ontwikkeling onder studente in dié sport te bevorder.
“Ons sal graag eendag iets in die lyn van ‘n Varsity Ringbalbeker wil begin, maar vir dit om te gebeur, sal die ander universiteite ook eers ringbal as ‘n sport moet bevorder. Daar is baie spelers in ander dele van die land, maar hulle speel dan eerder vir klubs in omliggende areas,” verduidelik Landsberg.

Daar is tans twee o.20 damesspanne en twee o.23 damesspanne, sowel as twee gemengde mansspanne by die NWU Ringbalklub.
“Studente is welkom om na ons proewe komende Saterdag (23 Februarie) te kom en dan ‘n kans te kry om deel van ons ringbalspan te word,” voeg Landsberg by.

Proewe vir die dames begin om 09:00, terwyl die mans se proewe omstreeks 14:00 voortgesit sal word.

Koshuisliga:
Koshuis semi-finale (20:00) – Spanne moet nog bepaal word.
Koshuisfinaal (21:00) Vir verdere navrae oor NWU ringbal kan die klubvoorsitter, Chrisna Landsberg by 084 587 0622

Kyk die foto’s van die wedstryd tussen Patria en Heimat hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button