Die NWU Rugbyinstituut het gisteraand by die NWU Sport Village die top rugbypresteerders die afgelope seisoen by ‘n glansfunksie vereer.
Die gesogte Johan Claassen-trofee vir die speler van die jaar het aan die haker en 2019 Varsitybekerkaptein, Louis “Chucky” van der Westhuizen gegaan. Van der Westhuizen het ‘n uitstekende seisoen gehad en verteenwoordig tans vir Namibië by die 2019 Rugby Wêreldbeker in Japan.
Schalk Hugo, wie tans sy rugby in Frankryk by Vannes speel, het die toekenning van agterspeler van die jaar gewen. Van der Westhuizen het ook die voorspeler van die jaar toekenning gevat.
Op afrigtersgebied het ou bekende, Hannes Esterhuizen, die Pharmaton-trofee vir Afrigter van die Jaar gewen. Esterhuizen het die Young Guns-span met lof afgerig en die juniors behoorlik laat skitter vanjaar.
Toekennings:
Spesiale toekennings:
USSA SA span na Italië verteenwoordigers:
Eugene Hare
Lungelo Gosa
Gustav Erlank
Koshuisrugbyspeler van die jaar: Rynardt Marx (Caput)
Varsity Cup trofee: Garann Kriek (Patria)
Castle Trofee-trofee (grootste ondersteuner) – Kassie Karstens
Jimmy Viljoen trofee – Marco Donges
Toy Dannhauser-trofee – Johan Pyper
Direkteurstrofee (beste vordering) – Riaan Genis
Dux Speler van die Jaar – Bernu Engelbrecht
Danie Craven-trofee (mees aanskoulik) – Chuiner van Rooyen
Agterspeler van Jaar – Schalk Hugo
Voorspeler van die Jaar – Louis van der Westhuizen
Spelers se speler van die Jaar – Lungelo Gosa
Varsity Cup Speler van die Jaar – Schalk Hugo
Matt Proudfoot trofee – NWU Young Guns-span
Pharmaton trofee (afrigter an die jaar) – Hannes Esterhuizen
Johan Claassen trofee – Louis “Chucky” van der Westhuizen



