SportSport

Ferana van Heerden gereed om Skotte aan te vat

Potchefstroom Dorp Rugbyklub se eie vrouerugbyster, Ferana van Heerden, het die besondere eer om hierdie Saterdag, 5 Oktober vir haar land uit te draf wanneer die SA Vrouerugbyspan vir Skotland in Kaapstad aanpak.

Potchefstroom Dorp Rugbyklub se eie vrouerugbyster, Ferana van Heerden, het die besondere eer om hierdie Saterdag, 5 Oktober vir haar land uit te draf wanneer die SA Vrouerugbyspan vir Skotland in Kaapstad aanpak.

Van Heerden is onlangs in die Vroue Springbokgroep ingesluit en sal haar dorp en streek met lof wil verteenwoordig. Ferana se storie is ‘n unieke een, aangesien sy eers drie jaar gelede begin rugby speel het en ‘n sokkeragtergrond het.

Ferana het soos ‘n magneet dadelik ‘n aantrekkingskrag by rugby gevind en is kort voor lank in 2017 reeds in die Vroue Blitzbok-span opgeneem. Ander hoogtepunte sluit in Luiperdskleure, wat sy vanaf 2017 behaal het.
Ferana se spoed en krag is iets wat haar gaan help teen die Skotte wanneer sy in die nommer 11 trui op linkervleuel uitdraf.
“Dit was ‘n baie aangename verrassing toe ek gekies is. Ek is baie trots en gaan die geleentheid gebruik om my talent te bewys,” het Ferana genoem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button