SportSport

Gimmies gereed om KHS op krieketveld aan te pak

Vir Gimmies sal die veelsydige spelers, Martin Landman en Louis Fourie, naatbouler Simphiwe Mkwanazi en kolwer Frans Viviers, die botoon voer.

Na ‘n welverdiende ruskans is dit weer tyd vir die talentvolle spelers in die Noordwes Hoërskole Krieketliga om hulle kolwe te gryp.
Die komende naweek kom Potchefstroom Gimnasium se eerstespan teen Hoërskool Klerksdorp (KHS) in die o.19A Superliga op die Gimmie-Oval te staan.

Gimmies sal hulle posisie op die puntetabel wil versterk en ‘n oorwinning hierdie naweek sal goeie momentum vir die halfeindrondes bring.
Vir Gimmies sal die veelsydige spelers, Martin Landman en Louis Fourie, naatbouler Simphiwe Mkwanazi en kolwer Frans Viviers, die botoon voer. Die wedstryd teen KHS begin om 09:00.

Louis Fourie van Gimmies in aksie
Louis Fourie van Gimmies in aksie

Die o.15A-span van Gimmies met Martin van Onselen aan die stuur speel teen KHS op KHS se velde ook om 09:00 in hulle 50 beurt stryd.
In die o.19B Superliga kom Ferdies se eerstespan teen Hoërskool Vryburg by Ferdies te staan.
Hierdie wedstryd vind ook om 09:00 plaas. Ferdies se o.15A-span kom teen Potchefstroom Boys High se o.15A-span op Boys High se A-veld te staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button