SportSport

NWU se damesswemmers maak naam by USSA kampioenskappe

Nadia Blaauw, Samantha Blaauw, Ashleigh Hunter, Marné Meier, Courtney van Biljon was van die top swemmers vir die NWU by die USSA's.

NWU-swem se dameswemmers het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer die tweede plek tydens die Suid-Afrikaanse Universiteite-swemkampioenskappe te behaal. Slegs die swemspan van die Universiteit van Pretoria, met hulle internasionale swemmers, kon die NWU-damespan wen.
NWU se swemspan het as span ook weer op die podium tydens die Suid-Afrikaanse Universiteite-swemkampioenskappe van 21 tot 22 September gepronk. Die span spog met ’n baie verdienstelike brons medalje. Nege swemspanne van Suid-Afrikaanse universiteite het aan die byeenkoms deelgeneem en is vanjaar deur die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) aangebied.

NWU-swem se afrigter en sportwetenskaplike, Marike van Oort, het gesê sy is baie trots op die NWU-swemmers, aangesien hulle hul man teen baie groot name in internasionale swem (soos onder andere Myles Brown, Tatjana Schoenmaker, Alaric Basson en Hartigan Ross) gestaan het.

Die volgende NWU-swemmers bevind hulle almal onder die top vyf-swemmers van die Suid-Afrikaanse Universiteite-swemkampioenskappe van 2019: Nadia Blaauw, Samantha Blaauw, Ashleigh Hunter, Marné Meier, Courtney van Biljon (sy verower die bronsmedalje vir die 50m vlinderslag), Morné van der Bank en Reino von Wielligh.
Marné Meier, een van NWU se blinkste swemsterre, het in die borsslag-items geskitter. Sy het haar baie goed van haar taak gekwyt deur ’n algehele vierde plek – ondanks die strawwe kompetisie waarteen sy geswem het, te behaal.
Hierdie puik vertoning van NWU-swem is volgens Marike te danke aan harde werk, toewyding, geslaagde swemprogramme en ’n spanpoging waartoe elke NWU-swemmer bygedra het. NWU-SPORT en die Kleynhans-gesin word in die besonder bedank vir hulle aandeel in die NWU-swemmers se suksesvolle deelname aan vanjaar se Suid-Afrikaanse Universiteite-swemkampioenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button