SportSport

Gimmies se atlete reik hoog by NWU Top 30

Phemelo Molale, uitblink naelloper van Potchefstroom Gimnasium was maar net een van die spoedvrate op die baan.

Die altyd indrukwekkende en skouspelagtige NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms het weer die afgelope naweek (18-19 Oktober) by die NWU McArthur Atletiekbaan plaasgevind.

Phemelo Molale, uitblink naelloper van Potchefstroom Gimnasium was maar net een van die spoedvrate op die baan.  Molale het ‘n silwermedalje in die seuns o.15 100m-item behaal. Van die top skole in die land soos Affies, Garsfontein, Helpmekaar en Monument het aan hierdie spogbyeenkoms deelgeneem.

Gimmies het algeheel 16de in die byeenkoms geëindig met Molale, Armand Willemse, Richter van der Merwe, Lee-Ann Grobbelaar, Amé Keyser, Karmen Fouché het almal 1000 punte op die ABSA-tabel in hulle onderskeie items behaal.

Foto’s: Wouter Pienaar

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button