SportSport

Driekuns vir Rheeder by Luiperds se jaareindfunksie

Rheeder is as die Luiperds se Speler van die Jaar, Spelers se Speler van die Jaar, en Voorspeler van die Jaar aangewys.

Die Luiperds Rugbyunie het op Woensdag, 30 Oktober hulle jaarlikse prysuitdelingsfunksie aangebied en die kaptein en skitterende losvoorspeler, Edmund Rheeder het met drie groot toekennings weggestap.

Rheeder is as die Luiperds se Speler van die Jaar, Spelers se Speler van die Jaar, en Voorspeler van die Jaar aangewys.

Volgens Luiperds president, Mervyn Taylor, was hierdie algelope jaar een van die moeilikste jare op die veld wat uitslae betref het.

“Dit was ‘n moeilike jaar, maar daar is steeds ligpunte waarop ons kan bou. Ons is steeds die enigste unie wat aan elke kompetisie deelneem,” noem hy.

Foto’s: Wouter Pienaar

“Vir my gaan dit oor die begeerte wat spelers het om bir hulle provinsie te speel. Dit gaan nie oor wat rugby vir jou kan doen nie, maar wat hy vir rugby kan doen. Ons is ook besig met ‘n museumprojek by die Luiperds, juis omdat spelers moet weet wat die geskiedenis van ons unie is,” het Taylor genoem.

Die Luiperds het ook 2 SA spelers, naamlik Keenan Twigg (o.19) en Ferana van Heerden (vroue Springbok) opgelewer die afgelope jaar.

Toekennings:

Vrouespeler van die Jaar: Nicole Williams

Platteland Speler van die Jaar: Weyers du Plessis

0.19 Speler van die Jaar: Keenan Twigg

o.20 Speler van die Jaar: Armin Posthumus

o.21 Speler van die Jaar: André Fouché

Opkomende Speler van die Jaar: Chuiner van Rooyen

Nuweling van die Jaar: Tjaart Benade

Agterspeler van die Jaar: Evardi Boshoff

Voorspeler van die Jaar: Edmund Rheeder

Speler se Speler van die Jaar: Edmund Rheeder

Luiperds se Speler van die Jaar: Edmund Rheeder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button