
Hoër Volkskool Potchefstroom se Portugese hotklou krieketsensasie, Christopher de Freitas, is besig om ‘n naam vir homself op nasionale vlak met sy prestasies in die afgelope nasionale Franchise Cubsweek vanaf 4-8 Januarie in Stellenbosch te maak.
De Freitas het sy plek in die groep met ‘n puik honderdtal en vyftigtal beklemtoon. Op die tweede dag van die week het
De Freitas ‘n briljante 132 teen Nigerië gemoker en teen die Dolphins het hy ‘n onoorwonne 69 (79) aangeteken om sy span na ‘n oorwinning te stuur.
Die Lions het vir die Knights in die eindstryd geklop om die algehele wenner van die toernooi bekroon te word. Die Noordwes-afrigter, Wynand Schmitt, was ook deel van die afrigtingsspan by die Lions.



