‘n Vasberade honderdtal van die SA-gebore, Australiese kolwer, Marnus Labuchagne, was een van die vele hoogtepunte vanoggend (7 Maart) in die derde eendag internasionale wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië op Senwespark.
Terwyl meeste Australiese kolwers vandag op Senwespark teen ‘n puik Protea-boulvertoning gesukkel het, het die Klerksdorp-gebore, Labuschagne (108 van 108) in sy voormalige tuisprovinsie geskitter.
Australië het 254/7 in hulle 50 beurte aangeteken. Die beste boulers vir SA was Anrich Nortje (2/35) en JJ Smuts met 2/45.
Foto’s: Wouter Pienaar
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!










