SportSport

Uit die Leeukuil #4: Dorp trek Leeudoringstad se tande

Potch Dorp se kaptein Ruveix de Bruyn, Jannes Lombard en Albert Griessel het almal uitstekende wedstryde beleef.

In 2016 was Potch Dorp Rugbyklub in ‘n oorgangsfase met nuwe truie en ‘n meer aanvallende spel wat in die 50-29 oorwinning teen Leeudoringstad in die Neserliga gekenmerk was.

Dorp het met ‘n jong span vir die manne van Leeudoringstad ‘n pakslae gegee en vir talle Potchefstromers gewys dat klubrugby nog van die opwindendste naweek-aktiwiteite is om te kyk.
In hierdie tyd was Potch Dorp ook besig om in die af-seisoen ‘n Rugby League-span aanmekaar te sit, wat onder meer ook met wedstrydfiksheid sou help.

Die oefening wat baie van hierdie spelers in Rugby League gekry het, het hulle goed gehelp teen hulle opponente op hierdie dag.

Potch Dorp se kaptein Ruveix de Bruyn, Jannes Lombard en Albert Griessel het almal uitstekende wedstryde beleef.
Later in die seisoen kon Dorp nie die tempo hou nie en kon nie die Neserliga wen nie.

Tog sal hierdie agterbladberig altyd ‘n belangrike era van Dorp rugby uitbeeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button