Die Luiperds se hoof uitvoerende beampte, Eugene Fourie en president, Mervyn Taylor, lei die vergadering op Donderdag, 26 November.
Die Luiperds Rugbyunie het op Donderdag, 26 November hulle algemene jaarvergadering op Olënpark in die Koos Snyman-saal gehou waar ‘n interessante omtrent rugbylose jaar in oenskou geneem is.
Volgens die Luiperds Rugbyunie se amptelike Facebookblad het die Luiperds Rugbyunie (LRU) president Mervyn Taylor genoem dat die Luiperds een van min unies is wat in die Covid-19 jaar steeds alle verpligtinge nagekom het.
Dit is ook nietemin so volgens Taylor dat Covid-19 ‘n groot impak gemaak het en dat daar nuwe uitdagings sal voorlê. Die bestuur is wel vol hoop dat alle finansiële uitdagings bestuur sal word.
Die langtermyn doelwit vir die Luiperds in die komende jaar is dat die span vir die Curriebeker Premier divisie sal wil kwalifiseer.
Foto’s: Mario van de Wall / Luiperds Rugby
Die Luiperds se hoof uitvoerende beampte, Eugene Fourie en president, Mervyn Taylor, lei die vergadering op Donderdag, 26 November.
Die Luiperds se president, Mervyn Taylor.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.