
Die Luiperds sou teen SWD gespeel het hierdie komende Saterdag, 26 Junie op Olenpark, maar SWD het besluit om weens Covid-19 protokolle nie ‘n span te stuur nie.
Volgens SARU HUB, Jurie Roux is daar positiewe gevalle in die SWD-kamp en albei spanne het ooreengestem dat die Luiperds vier punte sal ontvang aangesien hulle ‘n vol sterkte span het en kon speel. Die uitslag sal dan 0-0 wees.
“Dit is jammer maar albei unies het gestem dat veiligheid van die spanne eerste kom. Volgens die dokumentasie het altwee spanne aan die Covid-19 protokolle voldoen, maar SWD kan nie met hulle span onder huidige omstandighede speel nie.”
Die Luiperds is sodoende nou boaan die punteleer met 9 punte. 



