SportSport

Van Dyk behaal 60 meter teiken

Jo-Ané het ‘n persoonlike hoogtepunt behaal toe sy vir die eerste keer deur die magiese 60 meter grens gebreek het.

Twee van die Noordwes-Universiteit en Terseus Liebenberg se top spiesgooi atlete, Jo-Ané van Dyk en Johann Grobler het die afgelope week hulle staal by Wêreldatletiek se kontinentale reeks in Kladno, Tsjeggiese Republiek gewys.

Jo-Ané van Dyk op pad na haar rekordgooi in Kladno, Tsjeggiese Republiek.

Jo-Ané het ‘n persoonlike hoogtepunt behaal toe sy vir die eerste keer deur die magiese 60 meter grens gebreek het. Haar 61.19 meter afstand is nou ‘n persoonlike beste en het vir haar ‘n tweede plek besorg.

Haar ses gooie was: 57.86m, 60.38m, 56.75m, 57.50m, 57.93m, 61.19m – ook die beste reeks gooie van haar loopbaan.

Met hierdie gooi het Jo-Ané slegs die derde Suid-Afrikaner geword om die “nuwe model Spies” sedert ingebruikneming in 1999 verder as 60.00m te gooi. Sunette Viljoen (69.35m, Justine Robbeson (63.49m) was die ander twee atlete wat ook deur Terseus Liebenberg afgerig is.

Jo-Ané het haar dank op sosiale media uitgespreek na haar puik gooi. “Ek is sonder woorde, alle glorie aan God. Dankie aan my afrigter, familie en vriende vir die beste ondersteuning en liefde,” het sy op haar Facebookblad genoem.

Grobler het by dieselfde byeenkoms ‘n puik derde plek behaal met die tweede beste afstand van sy loopbaan, 80.37m.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button