SportSport

Luiperds wil dit twee seges in ‘n ry maak teen Boland

Die stryd vir ‘n tuis-halfeindstryd sal Saterdag, 24 Julie verder woed wanneer dié twee spanne in Wellington kragte meet.

Die Luiperds het die afgelope naweek bewys dat hulle beslis een van die aanspraakmakers vir die Curriebeker Eersteliga-titel is nadat hulle die voorlopers, die Griffons, met 36-26 op Olënpark geklop het.

Dit is ook die Luiperds se eerste tuisoorwinning teen die Purple People Eaters van Welkom sedert 2015. Nie net het hierdie sege die Luiperds in die tweede plek op die punteleer geplaas nie, maar ook vir die span ‘n hoop selfvertroue gegee dat hulle enige span in die liga kan klop.

Foto’s: Mario van de Wall

Die Luiperds het in hierdie tuiswedstryd reeds vroeg hulle stempel afgedruk en met ‘n 24-0 voorsprong die wedstryd van die staanspoor af beheer.

Drieë van oopkantflank, André Fouché (2), vaskopstut, Sampie Swiegers, linkervleuel, Eugene Hare, sowel as ‘n strafdrie het die sege beklink. Kaptein Danrich Visagie se skopvoet was ook sekuur met vier van sy vyf skoppe wat geslaag het. Die Luiperds se lynstane, fisieke aanslag en rolmaalbewegings was een te veel vir die Griffons, wat te midde van ‘n beter tweede helfte, op die ou einde uitoorlê is.

“Die selfvertroue in die span het na hierdie oorwinning beslis gegroei. Dit het die geloof in die span ook sterker gemaak. Die manier hoe ons gewen het met ‘n bonuspunt was ook bevredigend,” noem Luiperds hoofafrigter, André Pretorius.

Die Luiperds is na hierdie bonuspuntoorwinning op 16 punte met die Griffons bo aan die punteleer op 20 punte. Die Luiperds se volgende teenstanders, Boland Kavaliers, is derde op die punteleer op 15 punte. Die stryd vir ‘n tuis-halfeindstryd sal Saterdag, 24 Julie verder woed wanneer dié twee spanne in Wellington kragte meet.

“Ons kan Boland nie onderskat nie. Hulle het ‘n goeie span en het dit hierdie seisoen al bewys. Dit is nie altyd maklik om daar te wen nie en ons sal alles in die 80 minute moet sit. Ons het nou die standaard gestel en ons moet net voortbou en kan nie terugtree nie,” voer Pretorius aan.

Die wedstryd tussen Boland en die Luiperds skop Saterdag om 14:00 in Wellington af. Die wedstrydverslag sal op www.potchefstroomherald.co.za te sien wees.

Luiperds teen Boland:  

1. Ruben du Plessis, 2. Robey Leibrandt, 3. Sampie Swiegers, 4. Johan Retief, 5. Vincent Maruping, 6. André Fouché, 7. Heinz Bertram, 8. HP Swart, 9. Shirwin Cupido, 10. Danrich Visagie (c), 11. Warren Williams, 12. Tjaart Benade, 13. Andries Truter, 14. Lincoln Daniels, 15. Duren Hoffman
Reserwes: 16. Gustav du Randt, 17. JP Mans, 18. Komape Moloto, 19. Malembe Mpofu, 20. Riaan Genis, 21. Edmund Rheeder, 22. Sphep Mabuza, 23. Charl Pretorius

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button