SportSport

Foto’s: NWU se twee kampusse meet kragte op die Fanie

Daar was weer puik rugbyaksie op die Fanie du Toit Sportgronde gister (Saterdag, 28 Augustus) toe twee NWU kampusse se rugbyspanne kragte gemeet het. 

Daar was weer puik rugbyaksie op die Fanie du Toit Sportgronde gister (Saterdag, 28 Augustus) toe twee NWU kampusse se rugbyspanne mekaar die stryd aangese het.

NWU Potchefstroom het in wit en swart teen die pers en lig blou van die NWU Vaaldriehoek  te staan gekom in  o.20 en eerstespan wedstryde.

In die o.20 wedstryd het NWU Vaal vir ‘n verrassing gesorg toe hulle die Potchefstromers met 16-7 geklop het.

Die jong manne van die Vaaldriehoek het verdien op die wedstryd te wen met puik werk in en om die losgemaal sowel as die lynstane.

Die NWU-Potch se eerstespan onder die afrigting van Burger van der Westhuizen en Leon Boshoff, was een te veel vir die manne van die Vaaldriekhoek wat ondanks ‘n blitsige begin moes kleitrap. Die Potchefstromers het danksy ‘n fantastiese tweede helfte te veel skietgoed gehad en gemaklik met 65-15 gewen.

NWU Vaal het met 12-5 op ‘n stadium voorgeloop, maar toe die Potchefstromers eers in tweede rat kom was die wen vanselfsprekend. Die agtsteman van die NWU-Puk, Gustav Erlank, het ‘n uitstekende wedstryd gehad. Hy was maar een van klomp manne wat hulle vaart en talent op die dag bewys het.

o.20 foto’s: (Foto’s: Wouter Pienaar)

  NWU Potch vs NWU Vaal eerstespan foto’s:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button