SportSport

Volkies se o.15’s klop Gimmies gemaklik

Volkies se boulaanval was giftig met Attie Liebenberg (4/41) en Diaan van der Merwe (2/22) wat amok maak.

Volkies se o.15A krieketspan is vuurwarm en hulle het daardie brandende intensiteit weer die afgelope Sondag, 5 September, gewys toe hulle Gimmies oorheers het met ‘n 8 paaltjie oorwinning.

Gimmies kolf eerste en word vir 133 almal uitgeboul. Stefan Fourie se 33 is die hoogste telling in ‘n kolvertoning wat nie die mas opgekom het nie.

Volkies se boulaanval was giftig met Attie Liebenberg (4/41) en Diaan van der Merwe (2/22) wat amok maak.

Volkies se kolwers het rustig die telling oorgesteek (137/2) na 28 boulbeurte met die aanvangskolwer, Louis van Wyk se 63 (95)* wat die meeste lopies aanteken vir sy span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button