SportSport

Jakkie in Springbok toergroep na Europa

Dit is die perfekte afsluiting vir ‘n skitterende jaar vir Cilliers wat vanjaar haar rugbyloopbaan by Potch Dorp begin het en nou al ‘n Springbok is met punte agter haar naam.

Die Luiperds vroue se juweel, Jakkie Cilliers, gaan nou in Europa in Springbokkleure skitter nadat sy as een van 33 spelers in die Bokgroep gekies is.

Hierdie senter gaan saam die Springbokgroep op 26 Oktober na Frankryk en die Verenigde Koninkryk reis. Die Springbok vroue gaan teen Frankryk, Wallis en die Barbarians speel.

Jakkie Cilliers.

Dit is die perfekte afsluiting vir ‘n skitterende jaar vir Cilliers wat vanjaar haar rugbyloopbaan by Potch Dorp begin het en nou al ‘n Springbok is met punte agter haar naam.

Haar vertonings teen Kenia in Augustus het beslis die keurders beïndruk en nou kan sy uitsien na nog toets-aksie oorsee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button