‘n Fietstoer vanaf Potchefstroom tot in Stilbaai is die voorland van Carin Duminy en Johan Oelofse wat die lewe van twee besonderse Potchefstromers gaan vier wat hulle lewe weens kanker verloor het.
Carin se dogter, Ditri Leijenaar en Johan se vrou, Magriet Oelofse, was twee legendes in sportkringe wat menigte wedlope en wedenne in hulle lewe voltooi het.
Hulle was twee vasbyters tot op die einde en het nooit opgegee nie. Ditri is op 16 Desember 2020 en Magriet op 29 Januarie 2021.

Dit is juis met hierdie vaseradenheid wat Carin en Johan alleen sonder enige bystand die ongeveer, 1400 km reis op hulle bergfietse wil aanpak. Op Maandag, 4 October begin hulle 21 dae reis wat Carin as ‘n helingsproses sien – ‘n manier om hulde te bring aan Ditri en Magriet wat sonder twyfel dieselfde tipe toer sou doen as hulle in dieselfde posisie was.
“Ek, Magriet, Johan en Ditri het in 2000 saam die Comrades gedoen. Ek en Magriet het ook die Camino staptoer gedoen en dit toe sy alreeds siek was. Dit wys net hoe vol lewe sy was. Beide my dogter en Magriet het kanker baklei tot op die einde en nie gekla oor hulle omstandighede nie,” noem Carin.
Carin weet ook dat dit baie uitdagend gaan wees om die roete te voltooi, maar dat s yen Johan met ‘n groot doel voor oe seker sal maak dat hulle die nalentenskap van hulle geliefde ystervroue op gepaste wyse sal eer by die eindpunt in Stilbaai.
“Ek hou van ‘n uitdaging en al gaan die moeilik wees, weet ek dat ons dit net dag vir dag moet vat. Ditri sou vir my gesê het om nooit moed op te gee nie en dit is met daardie mentaliteit wat ons op ons fietse hulle lewe gaan eer.”
*Ditri se man, Cor, en sy seun, Rico kon nie saamry nie weens die feit dat Cor werksverpligtinge het en Rico nog op skool is.
Potchefstromers wat ‘n bydrae wil maak of die vorderign wil volg kan na die Facebook page gaan loer: Miles to Celebrate the life’s and legacy of Magriet and Ditri.









