Die NWU het behoorlik na hulle Valentynsdag nederlaag teen Ikeys terug gebons. Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) noem die tipe rugby wat hulle wil speel ‘sjampanje-rugby’. Dit is ‘n vloeiende tipe spel met vinnige agterspelers wat goeie hantering en besluitnemingsvaardighede het. In die vroeë oomblikke van die wedstryd het dit gelyk of die NWU teen hierdie tipe rugby gaan sukkel toe die vleuel Peter Williams oor is vir ‘n drie nadat die buitesenter, Gilroy Lee Philander ‘n goeie breek gemaak het. Die NWU het koelkop gebly en minute later het die uiteindelik speler van die wedstryd, André Fouche ‘n lynstaan aan die kant gemaak om vir Heinz Betram te gee wat gaan druk het. Bertram het met drie UWK verdedigers oor die doellyn gebars. Die NWU was tot kort voor halftyd in beheer van die wedstryd gewees. Die lynstane en rolmaal is weer soos teen Ikeys deur die Potchefstromers gedomineer.

In teenstelling met die vorige week het die NWU se agterlyn ook hulle vaart met bal in hand gewys. Nivan Peterson het in die 16de minuut ‘n goeie skoppie deur gesit wat maklik deur Heinrich Botha in die hande gekry is. Botha maak goeie meters voordat hy vir Genis aangee om onder die pale te gaan druk. Vernon Paulo wat ook ‘n goeie wedstryd gehad het, gaan ook later oor vir vyf punte na ‘n uitstekende rolmaal. UWK se staatmaker senter, Lyle Hendricks klits ‘n strafskop oor waarna hy, Conwill Conradie, Philander en Williams saam goeie lyne hardloop om in die 35ste minuut ‘n sewe-punt drie te gaan druk. Teen rustyd is die telling 21-19 vir die NWU. In die tweede helfte het die NWU ‘n paar strafskoppe afgestaan wat die UWK die geleentheid gegee het om weer terug in die wedstryd te kom. Gelukkig vir die Potchefstromers kon Hendricks nie munt slaan uit die kanse nie. Vroeg in die tweede helfte is die NWU vleuel Keano Windvogel van die veld af met ‘n geelkaart nadat hy vir Peter Williams glo in die lug gespeel het. Baie sal voel dit was ‘n harde besluit. Dit het gelyk of Windvogel in ‘n goei posisie is om die bal te vang en het nooit sy oë van die bal gehaal voordat Williams in die lug ingespring en bo-oor Windvogel geval het nie. Die Potchefstromers se verdediging het nie te min gehou, en hulle kon keer dat die UWK voordeel trek uit die ekstra man wat hulle op die veld gehad het. Vandaar het die NWU nie een keer gelyk of hulle in die moeilikheid is nie. Ruben du Plessis het ‘n opportunistiese drie gedruk nadat Conwill Conradie die bal van ‘n lynstaan laat val het. Pienaar van Niekerk verseël die UWK se lot nadat hy ‘n sewe-punt drie gaan druk wat hy begin het. Uiblinkers vir die NWU was beslis André Fouche met sy kraglopies, goeie werk by die afbreekpunte waar hy telkemale omsit besit vir die tuisspan kry. Tino Swanepoel het ‘n goeie vertoning gelewer en gewys tot waartoe hy in staat is wanneer hy die bal kry. Isrome Phatudi het die bal ook goed versprei van die middelveld af, om die NWU se gevaarmanne te ontketen. Die telling eindig op 40-19 vir die NWU. Pretorius se manne speel volgende week hulle eerste wegwedstryd teen UJ. Dit behoort ‘n goeie wedstryd te wees. Aangesien die NWU se vorige breier, Jonathan Mokuena nou aan die stuur in Johannesburg is. Die wedstryd skop om 19:00 by die UJ stadion af. Dit sal nie regstreeks uitgesaai word nie. 



