SportSport

Baillie Park stel boogskietprogram bekend

Laerskool Baillie Park het Saterdag, 19 Februarie hulle nuwe en opwindende boogskietprogram, Baillies Boogskiet, amptelik in die binnenshuise sportsentrum bekendgestel. Baillie Park se boogskietprogram word deur die boogskiet spesialis en afrigter, Hendrik de Klerk van Africa Genesis Archery (AGA-SA) gelei. Die opwindende nuus is dat leerders nou die geleentheid het om hulle vaardighede in die …

Laerskool Baillie Park het Saterdag, 19 Februarie hulle nuwe en opwindende boogskietprogram, Baillies Boogskiet, amptelik in die binnenshuise sportsentrum bekendgestel. Baillie Park se boogskietprogram word deur die boogskiet spesialis en afrigter, Hendrik de Klerk van Africa Genesis Archery (AGA-SA) gelei.

Die opwindende nuus is dat leerders nou die geleentheid het om hulle vaardighede in die binnenshuise arena te verskerp om in die toekoms aan liga, sowel as nasionale en internasionale kompetisies te kan deelneem. De Klerk noem dat die opedag ‘n gulde geleentheid was om jong kinders aan die sport bekend te stel.

“Laerskool Baillie Park het my laasjaar gekontak om deel te word van hulle boogskietplanne by die nuwe sentrum. Die lekker aspek van boogskiet is dat almal kan deelneem en in die begin op ‘n gelyke vlak is. Boogskiet leer fokus en dissipline en dit kan weer ‘n groot verskil met skoolwerk en op akademiese vlak maak.

“Boogskiet gee vir die kinders ‘n geleentheid om te kan presteer op alle vlakke in die sport, plaaslike, provinsiaal, nasionaal en selfs internasionaal,” sê De Klerk.

Die boogskietprogram is tans net oop vir leerders van Baillie Park. Oefensessies vind van Maandag tot Donderdag van 16:30 tot 17:30 plaas.

Belangstellendes kan De Klerk by 084 569 0719 of Jaco Vermaak by 067 415 7996 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button