SportSport

Vyf Dragons-spelers in SA o.19 Krieketwêreldbeker oefengroep opgeneem

Elandri Janse van Rensburg, Anica Swart, Katlego Setlhodi, Humaria Ebrahim en Nthabiseng Nini is die vyf spelers wat vir die Talent Accelaration Program (TAP) se o.19 SA oefengroep gekies is.

Die Noordwes Dragons se top jong vrouekrieketspelers is weer besig om vir hulself naam te maak. Dit is vir ‘n geruime tyd die geval dat Noordwes die plek is in die land waar talentvolle vroue krieketspelers gekweek word.

Elandri Janse van Rensburg, Anica Swart, Katlego Setlhodi, Humaria Ebrahim en Nthabiseng Nini is die vyf spelers wat vir die Talent Accelaration Program (TAP) se o.19 SA oefengroep gekies is.

Janse van Rensburg en Anica Swart is albei in Gimmies in graad 11.

Hierdie oefengroep se doel is om spelers vir die o.19 SA span te identifiseer vir die opkomende o.19 Vroue Krieketwêreldbeker wat in 2023 sal plaasvind.

Dit sal die eerste o.19 Vroue Krieketwêreldbekertoernooi in die geskiedenis wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button