‘n Student van die Ring Contact Fighting Art-Elite in Potchefstroom, Hardus du Plessis, het by die SA nasionale kampioenskappe (Jungle War X) in Sasolburg ‘n eerste plek in die semi-kontak junior divisie in sy ouderdom en gewigsklas behaal.
Hardus word die afgelope drie jaar deur Sensei Mark Ekron afgerig. Sensei Ekron noem dat hy vreeslik trots is op Hardus.

“Dit is ‘n lekker gevoel om te sien dat jou werk as instrukteur sukses bring. Dit gee my sommer ‘n hol kol op my maag op ‘n goeie manier,” noem Ekron. Ring Contact Fighting Art is ‘n unieke vegkuns wat gebaseer is op die beginsels van Boks, Judo, Stoei, Karate en Ballet. Die vegkuns is bekendgestel deur Meester Joe Viljoen in 1984.
Vir navrae kan Sensei Mark Ekron by 072 190 6066 gekontak word.



