SportSport

Nell stap saam met die wêreld se bestes

“Die wedloop was warm, maar goed. Ten spyte van die moeilike opdraande van sowat 800m, het ek alles gegee."

Volkies se top stapper, Janise Nell, het haar Vrydag, 4 Maart by die Wêreld Stapkampioenskappe in Muscat, Oman, uitstekend van haar taak gewyt toe sy ‘n 26ste plek in die 10km stapwedloop behaal het.

Janise Nell op pad na ‘n fantastiese 26ste plek tydens die Wêreld Stapkampioenskappe Vrydag, 4 Maart in Muscat, Oman. Foto: Verskaf

Janise noem dat dit vir haar ‘n wonderlike ervaring was en dat sy baie geleer het wat haar in die toekoms in haar staploopbaan kan help.

“Die wedloop was warm, maar goed. Ten spyte van die moeilike opdraande van sowat 800m, het ek alles gegee.”

Janise tydens die wedloop wat in hittige omstandighede in Oman plaasgevind het.

“Die hoogtepunt vir my was om vir my land deel te neem en ook om die 20km stapwedlope van mans en vroue te kyk. Hul deursettingsvermoë op hierdie afstand was merkwaardig. Dit was vir my baie lekker om te sien hoe een van my landgenote, Wayne Snyman, ‘n 7de plek in die mans 20km behaal het,” noem sy.

Hierdie talentvolle atleet, wat deur Cobus Groenewald afgerig word, het ‘n blink toekoms voor haar en hierdie puik uitslag is net een van vele wat nog voorlê. “Baie dankie vir elkeen se omgee en ondersteuning, ek waardeer dit so baie,” sê Janise. * Die NWU se Marissa Swanepoel het aan die 20km stap-item deelgeneem en teen strawwe kompetisie ‘n 41ste plek behaal. CSA Fire

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button