Top skole sportsterre kry hoë prestasie blootstelling
"Ons wil hulle die geleentheid gee om te sien wat dit behels om ‘n professionele sportatleet te wees en ook terselfdertyd ‘n diens te lewer om hulle vordering oor die volgende paar jaar te monitor."
Ses top atlete in Potchefstroom is nou deel van die NWU CHHP se nuwe projek waar hierdie skoolkinders aan professionele sportsisteme blootgestel gaan word. Van links is Sandri van Rooyen, Armand Willemse, Ryno Schutte, Ernie Roets en Rico Leijenaar. Phemelo Molale was afwesig tydens die neem van die foto weens atletiekverpligtinge.
Die NWU Centre for Health and Human Performance (CHHP) bied vanjaar ‘n fantastiese geleentheid vir ses top hoërskool-atlete en fietsryers in Potchefstroom.
Ses top atlete in Potchefstroom is nou deel van die NWU CHHP se nuwe projek waar hierdie skoolkinders aan professionele sportsisteme blootgestel gaan word. Van links is Sandri van Rooyen, Armand Willemse, Ryno Schutte, Ernie Roets en Rico Leijenaar. Phemelo Molale was afwesig tydens die neem van die foto weens atletiekverpligtinge.
Armand Willemse, Phemelo Molale, Sandri van Rooyen, Ryno Schutte, Ernie Roets en Rico Leijenaar is die atlete wat vanjaar deel van hierdie opwindende CHHP-program is. Die program is amptelik op 15 Maart by Cyclo DNA bekendgestel.
Elkeen van hierdie ses atlete ding mee teen die beste in die land op SA-vlak en behaal gereeld top plekke in hulle onderskeie sportkodes.
“Ons het na die plaaslike talent op skolevlak gekyk en op ‘n kortlys van 12 atlete afgekom. Binne ons begroting het ons toe besluit om ses atlete (drie fietsryers en drie atlete) te kies. Ons wil hulle die geleentheid gee om te sien wat dit behels om ‘n professionele sportatleet te wees en ook terselfdertyd ‘n diens te lewer om hulle vordering oor die volgende paar jaar te monitor,” noem die CHHP direkteur, prof. Pieter Kruger.
Foto’s: Wouter Pienaar
Ses top atlete in Potchefstroom is nou deel van die NWU CHHP se nuwe projek waar hierdie skoolkinders aan professionele sportsisteme blootgestel gaan word. Van links is Sandri van Rooyen, Armand Willemse, Ryno Schutte, Ernie Roets en Rico Leijenaar. Phemelo Molale was afwesig tydens die neem van die foto weens atletiekverpligtinge.
Ses top atlete in Potchefstroom is nou deel van die NWU CHHP se nuwe projek waar hierdie skoolkinders aan professionele sportsisteme blootgestel gaan word. Van links is Sandri van Rooyen, Armand Willemse, Ryno Schutte, Ernie Roets en Rico Leijenaar. Phemelo Molale was afwesig tydens die neem van die foto weens atletiekverpligtinge.
Ernie Roets en Prof. Pieter Kruger
Ryno Schutte en Prof. Pieter Kruger
Armand Willemse en Prof. Pieter Kruger
Rico Leijenaar en Prof. Pieter Kruger
Prof. Pieter Kruger, direkteur van die CHHP.
Kruger is bekend as ’n kliniese sielkundige wat spesialiseer in Elite sport/korporatiewe en prestasie sielkunde. Dr. Bertus le Roux (besigheids en operasionele bestuurder van die NWU CHHP) sal die program oorkoepelend bestuur. Dr. Yolandi Willemse (hoof van NWU CHHP: Biokinetika en Sportwetenskap), Jana Storm (bestuurder van CHHP Sportwetenskap), Cor Leijenaar (bestuurder van CHHP Biokinetika), prof. Ankebé Kruger (sportwetenskaplike en sielkundige) en prof. Lize Havemann-Nell (sport-dieetkundige) sal deel van die span vorm wat die atlete gedurende die jaar sal bystaan.
“Ons wil sien dat ons die atlete na die volgende vlak kan neem. Ons wil graag daardie platform vir hulle skep dat hulle dieselfde kwaliteit diens as Olimpiese atlete kry om te kan sien hoe sport op ‘n hoë vlak bedryf word. Ons is regtig opgewonde hieroor. Ons wil graag iets aan ons eie gemeenskap teruggee,” sê Kruger.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.