SportSport

Gimmies en Volkies se spanne kook by NWU Prestigereeks kwartfinale

Gimmies se eerste dogtershokkiespan wen Lichtenburg met 9-0.

Potchefstroom Gimnasium se netbal en hokkiespanne het die afgelope naweek tydens die NWU Prestigereeks Kwarteindstryde weer fantastiese prestasies behaal.

Gimmies se eerste dogtershokkiespan wen Lichtenburg met 9-0. Die o.14, 0.16 en eerste seunshokkiespanne klop ook hulle teenstanders gemaklik.

Die o.14A’s klop Marais Viljoen 4-0, o.16A wen Volkies met 6-0 en die eerste span oorwin vir Marais Viljoen met 4-0.

Op netbalgebied is Gimmies se o.16A netbalspan veels te sterk vir Volkies met ‘n 26-3 sege.

Volkies se eerste dogtershokkiespan behaal ook ‘n goeie 5-2 oorwinning teen Oosterlig. Volkies se o.14A en o.15A dogtershokkiespanne klop albei hulle eweknieë van Volkies Heidelberg. Die o.14A’s wen 1-0 en die o.15A’s behaal ‘n 5-2 oorwinning.

Volkies se eerste netbalspan verloor naelskraap teen Zwartkop met 22-25. Volkies se tennisspelers is wel in briljante vorm en wen 32-1.

*Die NWU Prestigereeks semi-finale vind plaas vanaf 26-27 April

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button