Ferdies se eersterugbyspan het Vrydag (6 Mei) al Bloemhof se pogings om punte aan te teken gestuit.
Die manne van Potchefstroomm het 25 – 0 in Bloemhof tydens ‘n ligawedtryd gewen.
Ferdies is besig om aan die deur van die halfeindrondtes te klop. Hulle het sover slegs een liga wedstryd naeslskraap teen Koster verloor.
Die komende naweek (14 Mei) gaan hulle ‘n groot wedstryd teen Christiana speel. Dié is ook een van die groot kanonne in die Bayerliga.
Ferdies lyk soos ‘n goed geoliede masjien onder afrigters, Joe Seerane en Dejon Weyers. Teen Bloemhof het hulle goed by hulle aanvallende en verdedigingstrukture gehou, wat vir hulle die wen verseker het.
Op tye kon die span se besluitneming op die veld beter gewees het, maar goeie lesse is geleer op die dag. Ferdies moet nog teen, Christiana , Schweizer, Orkney en Sannieshof te staan kom. Vroeër die jaar het hulle vir Schweizer in ‘n opwarmingswedstryd ook geklop.
Die 0/15 span van Ferdies het ‘n moeilike dag beleef nadat hulle 57- 0 teen Bloemhof verloor het.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



