SportSport

Dorp nommer een na sege oor die ‘ou vyand’

Potchefstroom Dorp Rugbyklub het Saterdag (11 Junie) 31 - 14 oor hulle 'ou vyande' Klerksdorp rugbyklub geseëvier. 

Potchefstroom Dorp Rugbyklub het Saterdag (11 Junie) 36 – 14 oor hulle ‘ou vyande’ Klerksdorp rugbyklub geseëvier.

Die stryd is hoofsaaklik tussen die voorspelers bepaal. Dorp se pak het sterk geskrum en goeie dryfbewegings uitgevoer. Alhoewel die lynstane op tye maar gesukkel het, het die pak vir die Potchefstromers se agterlyn goeie bal gegee.

Die blitse van Dorp het nie sommer kanse laat verbygaan om onder die pale te gaan kuier nie. In die begin het albei spanne se hantering hulle bietjie in die steek gelaat, met kanse wat naby die doellyn laat gaan is. Sodra die spanne die ergste senuwees onder beheer gekry het, het die spel beter gevloei.

Dit was ook presies wat Dorp nodig gehad het. Hulle het op elke aanval gevaarlik gelyk. Die verdediging van die voorspelers was ook iets om te aanskou. Om die losgemaal het daar nie sommer ‘n Klerksdorper verby gekom nie.

Die armdruk tussen die grootmanne was te verwagte gewees, gegewe die trotse geskiedenis van albei klubs. Daar was baie op die spel vir albei spanne. Hierdie wedstryd het bepaal wie bo aan die punteleer eindig, voor die halfeindrondte was komende naweek plaasvind. Met dié oorwinnig het Dorp ‘n tuis halfeindstryd en eindstryd verseker.

Hulle speel komende naweek (18 Junie) teen Westonaria Rugbyklub voor die finale wat 25 Junie plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button